Ghanzi DRCB

Dutch Reformed Church Botswana


Geleenthied om saam op reis te wees


Posted on 16 January 2015

Jy kan saam met die res van die gemeente verder groei in dit wat die Here in die eredienste vir ons leer. Al wat nodig is, is 'n paar minute per dag om tyd te maak om die teks wat die Sondag gepreek is, verder te bedink.

Hiervoor gebruik jy die hulpmiddel van die teks van die week op die webtuiste. Dit help jou om elke dag weer die teks te lees en te hoor wat die Here vir jou nou verder en dieper daarin wil leer. Dit kan ook gebruik word vir huisgodsdiens en bybelstudie groepe of wyks byeenkomste.

As die manier van stiltetyd vir jou nuut of vreemd is, gaan lees die kort artikel op die webtuiste: 'n nuwe manier van Bybel lees of kliek HIER.